Friday, August 31, 2012

Ode to Dead Horse

My Sondag-stank

Verbrande, smeulende spiermassa voor my op hierdie Sondag,
my Sondag-stank.

Gallop die ewigheid in...
Hardloop uit my gedagtes uit!


Die familie van agt
vermink, vermoor en verbrand,
is nou twee.


Jou kake geklem sodat daar nooit weer 'n stang kan ingaan.
Jou hoewe opgetrek tot naby jou ingewande.
Jou swaar metaalkombers.
Jou glimlaggende tande.


Gallop die ewigheid in...
Hardloop uit my gedagtes uit!


















No comments:

Post a Comment